• Home
  • Deelnemende Skole
  • Wedstryde: Saterdag & Maandag
  • Wedstryde: Dinsdag & Woensdag
  • UITSLAE: RUGBY
  • UITSLAE: HOKKIE
  • UITSLAE: NETBAL
  • Dienste tydens toernooi
  • Paarlgim 2012 Sportprogram
  • Paarl Info
  • Akkommodasie
  • Rugby Analisering

Paarl Gimnasium o.16-toernooi (31 Maart - 4 April)

AGTERGROND VAN DIE PAARL GIMNASIUM O.16 TOERNOOI

In 1992 is ‘n leemte vir ‘n toernooi vir o.16-spelers identifiseer, aangesien daar reeds o.14-,o.15- en o.19-toernooie landwyd bestaan het.

Uit ons oogpunt is daar ‘n groot fisiese en emosionele gaping tussen o.16 en o.19-rugby, en om ‘n toernooi aan te bied vir kompeterende dog ook vriendskaplike wedstryde vir sterk spanne van ons land was ‘n poging om hierdie groot leemte te probeer oorbrug.

Die toernooi is dus in April 1993 vir die eerste keer met 10 van die land se sterkste skoolspanne aangebied.  Die konsep van hierdie toernooi was so gewild dat dit nou reeds vir die 20ste agtereenvolgende jaar tydens die eerste week van die Aprilvakansie aangebied word. Om die gewildheid van hierdie toernooi te illustreer:  vir ‘n hele paar jaar moes ons tot 28 spanne akkomodeer.  Dit het ongelukkig ‘n negatiewe invloed op die atmosfeer en karakter van hierdie toernooi gehad, en is die besluit geneem om slegs 24 spanne te laat deelneem.

Die doelwit van hierdie toernooi is om ons jong spelers voorteberei vir die eise wat o.19-rugby aan hulle gaan stel.

‘n Toeskouergetal van tot 15 000 mense vir die 3 toernooi wedstryddae is normaal.  Die top 6-skole het oor die afgelope 18 jaar ongeveer 80 SA skolespelers sowel as 22 Springbok rugbyspelers opgelewer waarvan almal aan hierdie toernooi deelgeneem het.

Vanjaar vier ons die 20ste 0.16-toernooi. Tesame hiermee word die toernooi ook uitgebrei na hokkie- en netbal- wedstryde.  

 

Copyright © 2012 Paarl Gimnasium o.16 Rugbytoernooi
graphic design by Sugar + Spice - CMS by RG Technologies - admin login